Hermanus Shore Angling

Hermanus Rots & Strand Hengelclub

E-mail Print PDF


Drie persone, Mnr Andy Botha, chris Neethling en Durk Kuipers het gevoel dit is nodig dat 'n hengelklub in die Hermanus Area op die been gebring moet word. Hengelklubs bestaan wel in Worcester area (twee klubs) en in ander dorpe rondom, maar geen in Hermanus.
'n Advertensie is gratis geplaas in die Hermanus Times op Vrydag 23 Februarie 2001.
Die advertensie het het voornemende lede en hengelaars uitgenooi na 'n stigtersvergadering wat gehou sal word op Maandag 12 Maart 2001 om 18h00 in die Off The Rails saal.

1. Mnr Andy Botha
2. Mnr Kobus Kruger

Mnr. Chris Neethling was ongesteld en kon nie die vergadering bywoon nie.
Die sewe persone teenwoordig het gedagtes gewissel  en Mnr dave Exleywat heelwat ondervinding gehad het  oor die stig van so 'n hengelklub het die manne vertel wat die stig van so 'n klub als behels.

Om 19h30 is die byeenkoms verdaag, maar eers nadat besluit is om 'n opvolg vergadering te hou om Maandag 26 Maart 2001 om 18h00, weer in Off The Rails, waar dan 'n  Bestuur verkies sal word.

Daar het sestien persone opgedaag nl.

1.  Mnr Andy Botha
2.  Mnr Chris Neethling
3.  Mnr Dave Exley
4.  Mnr Handre v.d. Merwe
5.  Handre v.d. Merwe Jnr
6.  Mnr Travis Botha
7.  Mnr Louis Day
8.  Mnr Danie Hattingh
9.  Mnr Pieter Kuhn
10. Mnr Albie v Zyl
11. Mnr Boet Swart
12. Mnr C. Jeppe
13. Mnr Allen McFarlane
14. Mnr Johan Brink
15. Johan Hanekom

Mrn Dave Exley het die verigtinge gelei en die persone teenwoordig ingelig oor wat ons doel is met so 'n hengelklub.
Daarna is daar tot stemming oorgegaan  en is voorstelle gemaak vir 'n Voorsitter, O/Voorsitter ens. en gestem

Die uitslag van die stemming is soos volg:

Voorsitter                     Mnr. Dave exley
O/Voorsitter                 Mnr. Albie v. Zyl
Sekretaris                   Mnr. Durk Kuipers
Tesourier                     Mnr. Andy Botha
Rekord Beampte          nog nie gevul staan oor
Skakelbeampte           Mnr. Louis Day
Addisionele lede           Mnr. Chris Neethling
Mmnr Johan Brink
Mnr Danie Hattingh


Die verkose bestuur kom bymekaar  en daar word besluit om op Dinsdag 3 April om 18h00 'n vergadering te by off The Rails  klub, ons wil dit ons hengelklub tuiste maak, waar 'n Grondwet bespreek en opgestel sal word en waar op 'n datum besluit sal word vir ons eerste klub hengel kompetisie, wat ook die leer mekaar ken bring en braai geselligheid sal wees.
Boland hengel Unie sal genader word om uit te vind wat die affiliasiefooie sal wees en ook om 'n voorbeeld van hul Grondwet te bekom.

Die voorsitter van Boland Hengel is Mnr.Danie Rossouw (082 737 6949).
Die Boland unie hou vier vergaderings in 'n jaar.
'n Verdadering van Boland Unie sal op Donderdag 5 April  2001 op Worcester in die Briee rivier Pub & Grill (ou O'Hagens) gehou word en ons sal  sal dit verteenwoordig/s  daar hê. Die tyd moet nog laat weet word.



 
You are here: Home Club History

Quick Info

You can contact us with the details below